Helderberg Gemeente Families Tuisblad
Wonderlikste dag van my lewe PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Jaco, Anneke en Janneke   
Dinsdag, 13 Oktober 2009 22:59

 

Sondag oggend was ons plan om so ‘n bietjie in te lê. Ons is so pas deur ’n baie besige tyd. Vroeë oggende en laat aande met baie druk by die werk. Ons het mekaar oortuig dat ons dit verdien. Janneke, ons 15maande oue dogtertjie het egter anders besluit. 06:00 het sy begin praat en lag. Haar energie vlakke was besonder hoog en daar was eenvoudig net geen manier dat slaap verder vir ons beskore was nie. Ons het maar opgestaan en is kerk toe. Ons het skaars gaan sit toe sy styf teen Jaco gaan lê en aan die slaap raak. As ek nou terug kyk dink ek God is ’n genadige God want as sy nie Sondag so vol energie was nie sou ons die wonderlikste oomblik van ons lewe gemis het. Ons kon ook vir ’n verandering na ’n hele boodskap luister omdat sy letterlik die hele diens geslaap het.

 

Dit was net een van daardie dienste wat aangrypend was. Die musiek die preek die twee jongmense wat belydenis van geloof afgelê, alles was net so spesiaal. In die diens het ek net al hoe meer in my siel oortuig geraak dat ek met ’n godsdienstige masker leef. Ek en Jaco gaan nog altyd kerk toe, selfs nog voor ons troue. Ons het ook al vir mekaar gesê dat ons geloof leeg is. Met klein Janneke het ons lewens verander, ek kan nie glo dat ek so lief is vir hierdie klein mensie nie.

 

Gedurende die preek was ek so aangryp met liefde vir my kind en my man dat ek ’n hartseer beleef het wat moeilik is om te beskryf. Ek het net so bewus geword dat ons verhouding met God nie reg is nie. Toe die gesinne daar voor gaan staan en die twee meisies lê belydenis van geloof af kon ek nie meer my trane terug hou nie. Ek het so begeer dat ons as gesin so voor sal kan staan. Dat Janneke ’n verhouding met God sal hê omdat sy van kleins af gesien het dat God in ons lewens ’n werklikheid is.

 

Laas Opdateer op Donderdag, 15 Oktober 2009 14:13
Lees meer...
 
Passie en God PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Dinsdag, 06 Oktober 2009 16:15

Passie: ’n Jongmens bestaan uit Passie!

 

Passion – the state of loving something enough to suffer for it – is what puts the crucified Christ at the centre of our work with young people, and therefore is what makes our work ministry and not something else.

Een ding wat in die middel staan van die kerk sowel as die jongmense is passie. Die begeerte om iets so lief te hê dat jy bereid is om jou lewe daarvoor af te lê, maar ook dat iemand anders my so lief het. Die taak vir die kerk is om ’n manier te kry om die passie van Jesus Christus en die passie van die jongmense bymekaar uit te bring.

Passion is not about suffering, but about love worthy of suffering. The objection of Christian faith is not to suffer as Christ suffers, but to love as Christ loves…Christian faith lives from the suffering of a great passion, and is itself the passion for life which is prepared for suffering.

Jongmense verstaan passie en die lewe as ’n alles of niks beginsel! Passie het egter altyd sekere vereistes:

1. Passie het altyd ’n liggaam

2. Passie is absoluut noodsaaklik as dit kom by ons identiteit as kerk en mense.

3. Passie dui op ons menslike behoefte aan die bonatuurlike

4. ’n Kurrikulum vir passie in die jeugbediening kan gevind word in die Christen gemeenskap.

Laas Opdateer op Donderdag, 15 Oktober 2009 13:00
Lees meer...
 
<< Begin < Vorige 1 2 3 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Voeg HGF by jou RSS

feed-image Bly op hoogte met ons RSS voer

Skakel in

Log hier in as deel van ons aanlyn familie. Jy kan 'n nuwe rekening skep of met jou Gmail rekening inskakel. Dis alles gratis!