Helderberg Gemeente Families Tuisblad
Time Artikel oor Ouers wat met hulle kinders praat oor sex PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Maandag, 07 Desember 2009 22:18

The sex talk is never easy. It's not comfortable for anyone involved — parents are afraid of it, children are mortified by it — which is probably why the talk so often comes after the fact. In the latest study on parent-child talks about sex and sexuality, researchers found that more than 40% of adolescents had had intercourse before talking to their parents about safe sex, birth control or sexually transmitted diseases.

 

That trend is troublesome, say experts, since teens who talk to their parents about sex are more likely to delay their first sexual encounter and to practice safe sex when they do become sexually active. And, ironically, despite their apparent dread, kids really want to learn about sex from their parents, according to study after study on the topic.(See pictures of teenagers in America.)

 

Laas Opdateer op Dinsdag, 08 Desember 2009 07:19
Lees meer...
 
Nagmaal by Helderberg Villiage PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Vrydag, 20 November 2009 14:55

Ons het die wonderlik voorreg gehad om op 1 November 2009 ’n besondere nagmaal by Helderberg Villiage te beleef.  Dit was nie net die 40ste verjaarsdag van die gemeente nie, maar ook ’n geleentheid waar jong en minder jong saam nagmaal kon gebruik. ’n Groep van ons kinders wat deel uit maak van die Tekkie kerk het die dag spesiaal koekies gebak en netjies verpak met mooi kaartjies.

Dr. Paul Barnard het die diens gelei. Gedurende die diens het die jongmense ons ook gehelp met die bediening van die nagmaal en aan die einde van die diens het hulle, die geskenkies wat hulle gemaak het oorhandig. Dit terwyl Charl en Juan Visser gesorg het vir musiek uit die boonte rakke. Beide jonk en oud het getuig daarvan dat dit vir hulle ’n wonderlike ervaring was waar hulle die teenwoordigheid van God beleef het.

Laas Opdateer op Dinsdag, 24 November 2009 14:29
 
Suurstof maskers vir ouers PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Donderdag, 29 Oktober 2009 21:25

Het jy al ooit in die vliegtuig gesit en luister na die lugwaardin wat vir jou al die reels deergee voor opstyg? Dit is alles sulke voor die hand liggende dinge wat hulle vir jou sê, jy sien hoe knik koppe inskiklik en dan ewe skielik is dit asof die helfte van die koppe stywe nekke gekry het. Wat het sy nou kwyt geraak?

Laas Opdateer op Dinsdag, 24 November 2009 14:34
Lees meer...
 
Tiener Band woon werkswinkel by PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Renier van Schalkwyk   
Maandag, 26 Oktober 2009 10:26

Vrydag aand se Geen Grense Worship en Saterdag se Geen Grense Workshop was vir die Helderberg Gemeente Tienerband ’n wonderlike belewenis gewees. Vrydag het ons mooi opgestel vir die Workshop deur die groep wat sonder tierlanteinjies die Worship gelei het. Dit het vir al die outjies subtiel vertroue in die groep se “professional experience” gegee. Dit het toegelaat dat hulle Saterdag baie maklik al die informasie wat deurgegee is ingeneem het.

 

Saterdag het ons met die 2 werkswinkels begin wat baie lekker was. Ons het begin met redelik baie teorie, maar baie waardevolle teorie. Die sessies was ’n bietjie kort om lekker prakties te kon raak. Die skill level het ook baie gewissel en dit het versoorsaak dat van die outjies bietjie bragerig wou raak terwyl die beginners meer in hulle dop gekruip het. Ten spyte daarvan het almal, afgesien van sy tegniese vermoe, die teorie ingeneem. Dinge soos hoe om met jou band members te konnekteer, om vir die leier te luister en uit te kyk vir die tekens, om nie op die Glory Lorrie te klim nie en dat spasies baie nodig is was ontsettend wardevol.

Laas Opdateer op Dinsdag, 24 November 2009 14:34
Lees meer...
 
Drama: Kinderspeletjies PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Donderdag, 15 Oktober 2009 14:04

 

Op Donderdag 22 Oktober het ek die voorreg gehad om na die Familiebediening se drama te gaan kyk. Ronell Erwee een van die jong volwassenes in ons gemeente het 'n drama geskryf oor 'n jong dogter wat gemolesteer is.

Aan die einde van laas jaar het Ronell haar droom met ons gedeel en ons was baie opgewonde. Ronell het begin om die draaiboek te skryf en voorrendag gekom met iets ongeloofliks! In die begin van die jaar het sy haar projek bemark en 'n klomp jongmense het besluit om hieraan deel te neem. Vir 'n jaar lank het hulle elke Sondag geoefen. Die meeste van hierdie tieners het nog nooit in hulle lewe so 'n rol vertolk op 'n verhoog nie. As dit ek moes wees sou ek seker 'n paar keer oorweeg het om op te gee. Nie Ronell nie, sy het vasgebyt, op Sondae kinders rondgery, koeldrank, lekkers en kos uit haar eie sak gekoop. Baie liefde en geduld aan die dag gelê en Sondag na Sondag in hierdie jongmense se lewens ingebou.

Die resultaat hiervan was iets onbeskryflik. Donderdag aand het ek rondom my gekyk en gesien hoe lag mense uit hulle maag, maar ook later hoe sit hulle en trane afvee. Die boodskap van die drama was so duidelik, so seer en tog so vol hoop. Die effek van molestasie op 'n jongmens se lewe is duidelik oorgedra. Die seer waarmee hulle saamleef, saamloop, oorloop. Die manier hoe dit hulle persoonlikheid, selfvertroue en verhoudings beïnvloed. Ek wens ek kon hierdie groep vat en hulle meer blootstelling gee. Ek dink dit is 'n boodskap wat jongmense definitief moet hoor en sien.

As ek na ons jongmense kyk wat dit opgevoer het is ek baie trots op hulle en hulle deursettingsvermoë. Dankie ook aan al die ouers wat bereid was om opofferings te maak. As akteurs sou 'n mens nooit kon se dat hulle nie formele opleiding gehad het nie. Ek het nou vir die eerste keer in my lewe ook akteurs wat ek bewonder.

Ronell is bygestaan deur Andre. Hy is 'n opera sanger, toneel skrywer, musikant, regisseur en eintlik enige iets wat te make het met kuns. Andre het sy tyd en energie gegee om in hierdie kinders se lewens in te bou en om vir Ronell te ondersteun. Dankie julle, julle toneelstuk het mense se lewens geraak. Indien daar iemand is wat volgende jaar wil inskakel by hierdie bediening is julle welkom om my of Renier te kontak.

Groete

Paul Barnard

 

Laas Opdateer op Woensdag, 25 November 2009 10:38
 
<< Begin < Vorige 1 2 3 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Voeg HGF by jou RSS

feed-image Bly op hoogte met ons RSS voer

Skakel in

Log hier in as deel van ons aanlyn familie. Jy kan 'n nuwe rekening skep of met jou Gmail rekening inskakel. Dis alles gratis!