Kleuters PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Donderdag, 15 Oktober 2009 13:08



Kleuters: 4-6 Jaar


 

Hierdie is vir baie gemeentes 'n baie moeilike bediening omdat 'n kleuter al meer ontwikkel het as 'n peuter, maar nog nie op die vlak is om by die junior bediening in te skakel nie. Helderberg is in die bevoorregte posisie om een van die mees kundigste persone in Petro du Plessis aan die hoof van hierdie bediening te mag hê. Petro en haar span bedien die kleuters gedurende die Informele diens 09:30

  Deur te speel, aktiwiteite te doen en memoriseerverse te leer, ontmoet hulle God op hulle vlak.
  God is bv. nog abstrak in terme van wie Hy is, maar konkreet in terme van die dinge wat Hy doen.
  Kleuters funksioneer ook bv. sterk op onderskeidelik beloning en straf - daarom dat reëls in hierdie vroeë kinderjare soveel belang het.
  Hulle is besonder ontvanklik vir stories met 'n morele strekking.
  Ook leer hulle verkeerde dinge makliker aan as die regte.
  Dit is dus duidelik dat die morele basis van hul lewens reeds hier vasgelê word en dit bied vir 'n Kleuterbediening 'n geweldige uitdaging en verantwoordelikheid - MAAR wat 'n wonderlike geleentheid.


Indien u belangstel om meer te wete te kom oor 'n Kleuterbediening kan u vir Petro du Plessis kontak.

Laas Opdateer op Donderdag, 15 Oktober 2009 13:25
 

Voeg HGF by jou RSS

Skakel in

Log hier in as deel van ons aanlyn familie. Jy kan 'n nuwe rekening skep of met jou Gmail rekening inskakel. Dis alles gratis!