News
Huweliksvoorbereiding PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Donderdag, 01 Julie 2010 14:33

Huweliksvoorbereiding

 

Die besluit om te trou is waarskynlik een van die grootste besluite wat ‘n mens neem, aangesien dit twee mense lewenslank aan mekaar verbind. Dit kan een van die wonderlikste ervarings wees of dit kan ’n nagmerrie wees.

 

Geen huwelik is gewaarborg nie! Ons almal leef met vrae en benoudhede.

Daarom is dit belangrik om voor die tyd te gesels oor die belangrike dinge.

Deesdae lees ons dat ongeveer 58% van huwelike eindig met egskeiding.

Ten minste 15% van die ander is ongelukkig. Iemand het eendag gesê dat

as dit so moeilik is om gelukkig getroud te wees dan kry sy die jammer

wat ongelukkig getroud is! Dit is genoeg om enige persoon twee keer te laat dink.

Goeie kommunikasie en verstaan van mekaar se verwagtings saam met 'n

intieme verhouding met God gee egter hoop. Die Huwelik is God se droom en maak die lewe net soveel meer besonder.

 

Tydens die Huweliksvoorbereidings kamp wil ons saam werk om  kwesbaarhede (rooi ligte) te identifiseer en bevredigend deur werk tot albei partye vrede daaroor het.

 

Daar is ‘n maksimum van 5 paartjies per naweek en die gesprekke vind plaas op ‘n gemaklike manier. Dit is nie net geleenthede waar julle toegespreek word nie, maar waar julle aktief deelneem aan die gesprek.

 

Ons gaan stilstaan by die volgende

  • Die belangrikheid van “commitment”
  • Hoe om julle verskille te identifiseer en te waardeer.
  • Die kuns van kommunikasie
  • Konflik hantering

Die belangrikheid daarvan om tyd saam te spandeer en om julle vriendskap te versorg.

  • Om seker te maak die ander voel geliefd
  • ‘n Goeie seksuele verhouding
  • Om te gesels oor julle drome
  1. Kommunikasie. Dit is belangrik dat paartjies die belangrikheid van kommunikasie sal verstaan, maar ook hoe dit deur persoonlikheid, familie geskiedenis en omstandighede beïnvloed word.
  2. Commitment. Commitment gaan oor die hart van ‘n huwelik waar paartjies kies om hulle lewens so in te rig dat die ander persoon altyd eerste kom. Dit beteken ook dat daar gekyk word na wat het julle van mekaar nodig.
  3. Konflik hantering. Konflik kan ‘n huwelik vernietig of dit kan ‘n huwelik sterk maak. Daar word gekyk hoe woede hanteer word, verskille gevier word, kyk na die soek van oplossings. Daar word ook gekyk na wat vergifnis werklik is.
  4. Hou die Liefde lewendig. Hier gaan gekyk word wat nodig is binne julle huwelik sodat julle nader na mekaar kan groei.
  5. 5. Gedeelde waardes en lewens doel. Alhoewel die verskille gevier moet word, moet die paartjie doelgerig iewers heen op pad wees. Julle gaan genoeg tyd kry om oor die toekoms te praat tov. Kinders, diere, finansies en geloof.
  6. 6. Mediese. Danette hanteer ook die mediese geskiedenis van die paartjies en gee ook meer inligting oor voorbehoedmiddels.

Myers-Briggs Persoonlikheids toets. Voor die naweek gaan jy geleentheid he om die gratis Myers-Briggs persoonlikheid stoets te doen wat ons dan gedurende die naweek gaan hanteer.

Waar: Avondrood


Wanneer: 10-12 September, 1-3 Oktober en 22-24 Oktober

Kostes: R400 pp vir die naweek, ingesluit verblyf, kos en materiaal.

Bespreek gou BEPERKTE aantal plekke beskikbaar

Die Huweliksvoorbereidings kursus is ontwikkel deur Dr’s Paul en Danette Barnard.  Hulle het die kursus die afgelope paar jaar in die Kaap aangebied waar dit van krag tot krag gaan.

Paul is voltydse Familiepredikant by Helderberg gemeente en het ook sy Doktorale studies in pastoraat voltooi by Princeton.  Danette is ’n Mediese dokter en boonop nog ma van drie woelige seuns.

Vir meer inligting skakel Paul Barnard by 0823749520 of stuur e-pos aan Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

 

 

 


Laas Opdateer op Donderdag, 01 Julie 2010 15:08
 
God se sterre – Abraham, Isak, Jakob en jy! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Renier van Schalkwyk   
Maandag, 24 Mei 2010 12:38

Pinkster bekruip ons altyd so vinnig in die jaar dat as jy jou oe uitvee dan is dit weer hier. Die draai van die herfs na die winter is gewoonlik ’n goeie aanduiding vir my dat Pinkster oppad is, omdat ek gewoonlik my verwarmertjie al goed aanhet terwyl ek tot laataande voorberei. Maar die jaar het die weer ons selfs deurmekaar gehad. Ek moet se dit is my gunsteling tyd van die jaar. Ek is meer opgewonde hieroor as kersfees, of my verjaarsdag, omdat die vir my so lekker is om so baie gelukkige en opgewonde gesiggies elke aand by die kinderpinkster te sien. Die afwagting ook met die uitstorting van die Heilige Gees en die wete dat God reeds hier by ons is, en dat die tyd van stilword voor God net ’n herinnering is aan dit wat God reeds gedoen het, dra by tot my opgewondheid.

Dim lights Embed Embed this video on your site

Laas Opdateer op Donderdag, 27 Mei 2010 10:09
Lees meer...
 
Church: Are We relevant? PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Dinsdag, 18 Mei 2010 15:08

It is amazing to talk to teenagers about faith and what they believe. This generation is much more clued up on what they believe than what we give them credit for. 

The problem is that many committed young people(15-35) break away from main stream churches. In recent studies by a Princeton workgroup in Religion working on this subject they were asked why they are not comfortable in these churches. The research was done online and platforms like facebook and other social networks were used. Teens and Young people from all over the world gave their opinion. Six areas of concern were identified and the next stage would be to start conversations about these concerns.
These conversations will take place on the different Social platforms where the people taking part in the conversations will give suggestions to the main stream Church how to overcome these problems. If you are between the age of 15-35 you are welcome to give your opinion on these six areas. If you are older your commentary are also welcome but please state that you are older that this group.  Here is the six areas of concern identified by over 9 000 teens and young adults:

  1. Main stream Churches care more about “their way of believe”(dogma) than people or God.
  2. Main stream Churches are constantly promoting their programs and there is no sense of relationship. There is a need for deep caring relationships and this excludes cell groups following programs.(These relationships is found in Social Networks)
  3. Main stream Churches employ Pastors who are “Managers and CEO’s”  They go where they find Pastors who are real, approachable and involved in everyday life. Pastors who are modelling (and here is that big word again) Relationships outside the church.
  4. Sermons: There is a major need for Biblical teaching where the sermon is at the centre of the event. Although prayer and worship is important they are going to church with their main focus – the Sermon.
  5. 38% of these Young people do not belong to a Church but a community of believers(social network) that download sermons “podcasts”. Usually their focus would be on a series of sermons or a Series on a Bible book.
  6. Main stream Churches is slow when it comes to Technology. Podcast, Blogs, Facebook, Twitter and other Social networks is where theology are discussed in detail. These platforms are much more open and tolerant. Here they can partake in the discussion as a equal, setting their own pace. Talking and reading about things that is relevant to them.

The issue now is not if they are right or wrong – but how we are going to respond as Church.

Laas Opdateer op Dinsdag, 18 Mei 2010 15:26
 
Tiener Uitreike PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Renier van Schalkwyk   
Donderdag, 25 Februarie 2010 12:33

Details vir Graad 9 en 10 Uitreike vir 28 Feb 2010.

Graad 9 - Internationale Studente

WAAR

Die Hofmeyer saal in Kerk straat, Stellenbosch

HOE LAAT

Die diens begin 11:15am, so wees al 11:00 daar. Dit hou aan tot 12:45 waarna die studente saam eet.

HOE WERK DIT

Julle moet self vervoer reel soontoe. Reel solank met jou kleingroep of jou vriende. Jou liftklub is jou verantwoordelikheid. As julle 'n lift Mall toe kan reel kan julle 'n lift Uitreik toe reel! Ek gaan vir julle Jeugaksieleiers vra om julle daarso te ontmoet.

MOET ONS IETS BRING

Die studente eet na die tyd saam. Dit is nie 'n free lunch vir julle nie. Neem 'n paar lekker broodjies (genoeg vir 'n paar mense, almal deel) en sap saam. Dit werk amper soos Nagmaal. Almal deel die kos en drank met mekaar.

Graad10 - Chris Nissin Park

WAAR

Chris Nissen Park op die N2 aan die linkerkant. 

HOE LAAT

Die diens begin 10:00. Ons kom al 9:00 by die Kerk bymekaar en vertrek 9:30. 

HOE WERK DIT

Ons gaan almal konvooi ry vir die wat nie weet waar Chris Nissen Park is nie. DAAR IS NET 12 SITPLEKKE IN DIE BUSSIE. Dit is net vir die mense wat nie vervoer kan reel nie. SMS my as jy met die Bussie wil ry, first come first serve. 076 221 5822 Die wat weet hoe om daar te kom kan ons daar kry. Ons gaan hulle diens bywoon en na die tyd gaan Pastoor Sammy met ons gesels oor die behoeftes van die jeug in die area. 

Hierdie Uitreike is 'n wonderlike manier om OOR JOU GRENSE te trap en 'n ander manier van Kerk te ervaar. If you're not living on the edge you're wasting space. Neem deel en beleef God op 'n nuwe manier.

JULLE MOET NOGSTEEDS TIENERDIENS TOE KOM! DAAR IS EGTER NIE JEUGAKSIE NA DIE TYD VIR GRAAD 9 EN 10 NIE.

Laas Opdateer op Vrydag, 26 Februarie 2010 07:31
 
Nagmaal by Helderberg Villiage PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Vrydag, 20 November 2009 14:55

Ons het die wonderlik voorreg gehad om op 1 November 2009 ’n besondere nagmaal by Helderberg Villiage te beleef.  Dit was nie net die 40ste verjaarsdag van die gemeente nie, maar ook ’n geleentheid waar jong en minder jong saam nagmaal kon gebruik. ’n Groep van ons kinders wat deel uit maak van die Tekkie kerk het die dag spesiaal koekies gebak en netjies verpak met mooi kaartjies.

Dr. Paul Barnard het die diens gelei. Gedurende die diens het die jongmense ons ook gehelp met die bediening van die nagmaal en aan die einde van die diens het hulle, die geskenkies wat hulle gemaak het oorhandig. Dit terwyl Charl en Juan Visser gesorg het vir musiek uit die boonte rakke. Beide jonk en oud het getuig daarvan dat dit vir hulle ’n wonderlike ervaring was waar hulle die teenwoordigheid van God beleef het.

Laas Opdateer op Dinsdag, 24 November 2009 14:29
 
<< Begin < Vorige 1 2 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Voeg HGF by jou RSS

feed-image Bly op hoogte met ons RSS voer

Skakel in

Log hier in as deel van ons aanlyn familie. Jy kan 'n nuwe rekening skep of met jou Gmail rekening inskakel. Dis alles gratis!