Tiener Band woon werkswinkel by PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Renier van Schalkwyk   
Maandag, 26 Oktober 2009 10:26

Vrydag aand se Geen Grense Worship en Saterdag se Geen Grense Workshop was vir die Helderberg Gemeente Tienerband ’n wonderlike belewenis gewees. Vrydag het ons mooi opgestel vir die Workshop deur die groep wat sonder tierlanteinjies die Worship gelei het. Dit het vir al die outjies subtiel vertroue in die groep se “professional experience” gegee. Dit het toegelaat dat hulle Saterdag baie maklik al die informasie wat deurgegee is ingeneem het.

 

Saterdag het ons met die 2 werkswinkels begin wat baie lekker was. Ons het begin met redelik baie teorie, maar baie waardevolle teorie. Die sessies was ’n bietjie kort om lekker prakties te kon raak. Die skill level het ook baie gewissel en dit het versoorsaak dat van die outjies bietjie bragerig wou raak terwyl die beginners meer in hulle dop gekruip het. Ten spyte daarvan het almal, afgesien van sy tegniese vermoe, die teorie ingeneem. Dinge soos hoe om met jou band members te konnekteer, om vir die leier te luister en uit te kyk vir die tekens, om nie op die Glory Lorrie te klim nie en dat spasies baie nodig is was ontsettend wardevol.

Die wonderlikste deel van die Workshops het egter Sondag aand tydens ons Tienerdiens gebeur. Sonder dat ek weer die informasie met die band vasgemaak het, of enigsins in hulle oefening betrokke was het al die klein goedjies posgevat, en vir die eerste keer in die jaar wat hulle bymekaar is het hulle die gemeente gelei in Worship in nie net ’n paar liedjies gespeel nie. Ek moet eerlikwaar se dat ek nie verwag het om so vinnig iets te sien gebeur nie, so ek kan net getuig dat die Heilige Gees daar was! Ons Worship leier en Musiek Director het in ’n jaar se tyd so ongelooflik gegroei, en na Saterdag is dit net weereens soveel meer!

 

Ek wat oppad om die diens te begin en almal te verwelkom, toe kom ons Worship leier na my toe en se hy gaan na die laaste song bid, so ek moet net bewus wees daarvan. Ek het amper net daar begin huil. Dit het nognooit gebeur dat een van die band vanself wou bid nie. Net daar het ek besef dat Die Gees saterdag die mense deurtrek het.

 

Daar bestaan nou egter ’n groot behoefte om meer leiding te he! Nog workshops! Enigiets om te help. Ons het so losweg begin praat om die Every Nation groep te nooi om ’n oefening van ons by te woon, en op so manier vir ons leiding te gee op die subtiele punte wat tydens die workshop bespreek is. Selfs al kan net een of twee van die lede daar wees. Veral vir ’n splinternuwe band soos ons kan dit van onskatbare waarde wees.

 

Dankie aan Marina van Stellenberg en Arno van Bergsig wat dit vir ons almal moontlik gemaak het. Ons is verseker in vir die volgende een en sal help net waar ons kan!

Laas Opdateer op Dinsdag, 24 November 2009 14:34
 

Voeg HGF by jou RSS

Skakel in

Log hier in as deel van ons aanlyn familie. Jy kan 'n nuwe rekening skep of met jou Gmail rekening inskakel. Dis alles gratis!