Tiener Uitreike PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Renier van Schalkwyk   
Donderdag, 25 Februarie 2010 12:33

Details vir Graad 9 en 10 Uitreike vir 28 Feb 2010.

Graad 9 - Internationale Studente

WAAR

Die Hofmeyer saal in Kerk straat, Stellenbosch

HOE LAAT

Die diens begin 11:15am, so wees al 11:00 daar. Dit hou aan tot 12:45 waarna die studente saam eet.

HOE WERK DIT

Julle moet self vervoer reel soontoe. Reel solank met jou kleingroep of jou vriende. Jou liftklub is jou verantwoordelikheid. As julle 'n lift Mall toe kan reel kan julle 'n lift Uitreik toe reel! Ek gaan vir julle Jeugaksieleiers vra om julle daarso te ontmoet.

MOET ONS IETS BRING

Die studente eet na die tyd saam. Dit is nie 'n free lunch vir julle nie. Neem 'n paar lekker broodjies (genoeg vir 'n paar mense, almal deel) en sap saam. Dit werk amper soos Nagmaal. Almal deel die kos en drank met mekaar.

Graad10 - Chris Nissin Park

WAAR

Chris Nissen Park op die N2 aan die linkerkant. 

HOE LAAT

Die diens begin 10:00. Ons kom al 9:00 by die Kerk bymekaar en vertrek 9:30. 

HOE WERK DIT

Ons gaan almal konvooi ry vir die wat nie weet waar Chris Nissen Park is nie. DAAR IS NET 12 SITPLEKKE IN DIE BUSSIE. Dit is net vir die mense wat nie vervoer kan reel nie. SMS my as jy met die Bussie wil ry, first come first serve. 076 221 5822 Die wat weet hoe om daar te kom kan ons daar kry. Ons gaan hulle diens bywoon en na die tyd gaan Pastoor Sammy met ons gesels oor die behoeftes van die jeug in die area. 

Hierdie Uitreike is 'n wonderlike manier om OOR JOU GRENSE te trap en 'n ander manier van Kerk te ervaar. If you're not living on the edge you're wasting space. Neem deel en beleef God op 'n nuwe manier.

JULLE MOET NOGSTEEDS TIENERDIENS TOE KOM! DAAR IS EGTER NIE JEUGAKSIE NA DIE TYD VIR GRAAD 9 EN 10 NIE.

Laas Opdateer op Vrydag, 26 Februarie 2010 07:31
 

Voeg HGF by jou RSS

Skakel in

Log hier in as deel van ons aanlyn familie. Jy kan 'n nuwe rekening skep of met jou Gmail rekening inskakel. Dis alles gratis!