Jeugaksie: Junior Fase
Jeugaksie: Tieners
Statistiek
Lede : 56Inhoud : 131
Web Skakels : 6
Inhoud Trefslae : 30318
| God se sterre – Abraham, Isak, Jakob en jy! |
|
|
|
| Geskryf deur Renier van Schalkwyk |
| Maandag, 24 Mei 2010 12:38 |
|
Pinkster bekruip ons altyd so vinnig in die jaar dat as jy jou oe uitvee dan is dit weer hier. Die draai van die herfs na die winter is gewoonlik ’n goeie aanduiding vir my dat Pinkster oppad is, omdat ek gewoonlik my verwarmertjie al goed aanhet terwyl ek tot laataande voorberei. Maar die jaar het die weer ons selfs deurmekaar gehad. Ek moet se dit is my gunsteling tyd van die jaar. Ek is meer opgewonde hieroor as kersfees, of my verjaarsdag, omdat die vir my so lekker is om so baie gelukkige en opgewonde gesiggies elke aand by die kinderpinkster te sien. Die afwagting ook met die uitstorting van die Heilige Gees en die wete dat God reeds hier by ons is, en dat die tyd van stilword voor God net ’n herinnering is aan dit wat God reeds gedoen het, dra by tot my opgewondheid. Dim lights Embed Embed this video on your site
Dan is daar natuurlik die verf, liggies, plak en spoeg. Opmaak van die saal en die afwagting om te sien hoe die kinders die jaar reageer op die tema. Hierdie jaar het ons vet pret gehad met ’n namaaksel van ‘Supersterre’ op televisie. Ons het die God se sterre genoem en met Jakob as enigste deelnemer was daar elke aand pret gewees. Die kinders kon saam met die beoordeelaars luister na Jakob se lewensverhaal en dan kom hulle besluit of sy sterretjie vir nog ’n aand gaan skitter en of hy gaan val. Natuurlik was daar elke aand ’n val ‘vote’ gewees, maar God se stem het elke dag geseevier en Jakob se sterretjie nog helder laat skitter. Dit is werklik wonderlik om te besef, dat dit nie omgee wie jy is of wat jy doen in God se oe nie. Hy sal nooit jou ster laat val nie. In sy oe skitter jou ster helder, omdat Jesus in jou plek geval het. Dit was die wonderlike boodskap wat ons die jaar aan die kinders kon oordra op ’n prettige manier. Met Stunning Santie as aanbieder, en beoordeelaars soos Loveble Louise, Believable Belinda en True Blue was daar hope pret, en moet ook nie van Rockstar Rex op die dromme vergeet nie. Ons het selfs die voorreg gehad om die boodskap na twee van ons skole in die omgewing uit te dra in die oggende. Beaumont en Somerset-Wes Primer het vir Stunning Santie met ope hande verwelkom. God het ons werklik die jaar met Pinkster geseen en ek is moeg na die week, maar dit is ’n tevrede moeg, en ’n opwinding om te sien wat volgende jaar vir ons inhou. Dankie vir almal wat erens ’n klip geverf het, ’n liggie gehang het, die klank gewerk het en orals net gewillige hande was. Dankie ook aan die kinderbediening bestuur wat met soveel entoesiasme en toegewydheid ingespring het en saam met ons Pinkster ’n sukses gemaak het. GOD IS GROOT! Santie Nel |
| Laas Opdateer op Donderdag, 27 Mei 2010 10:09 |
Voeg HGF by jou RSS
Paul en Helderberg Gemeente Blog
- God please help me with relationships.
- My whacked out ideas about Church?
- My whacked out ideas about Church? As first published on http://paul-barnard.blogspot.com/2010/09/my-whacked-out-ideas-about-church.html
- Romeine Reeks
- Romeine Reeks
- The morning I met Jesus at the Petrol station. As first published at http://paul-barnard.blogspot.com/2010/08/morning-i-met-jesus-at-petrol-station.html
- The morning I met Jesus at the Petrol station.
- What do you worship? God or your personality? – as published on http://paul-barnard.blogspot.com/2010/08/what-do-you-worship-god-or-your.html
- What do you worship? God or your personality?
- My Prison Miracle as published on http://paul-barnard.blogspot.com/2010/08/my-prison-miracle.html
- My Prison Miracle
- Huweliksvoorbereidings kampe
- Huweliksvoorbereidings kampe
- Bikers Egpare Kerk Naweek 24-26 September
- Bikers Egpare Kerk Naweek 24-26 September
- We all dream of becomming heroes
- I’d rather be hated than loved with conditions – by Donald Miller
- Kerke met tralies en besige Dominisse! – aanbeveel deur Solly
- What is happening in your story?




