Jeugaksie: Junior Fase
Jeugaksie: Tieners
Statistiek
Lede : 56Inhoud : 131
Web Skakels : 6
Inhoud Trefslae : 30310
| Huweliksvoorbereiding |
|
|
|
| Geskryf deur Paul Barnard |
| Donderdag, 01 Julie 2010 14:33 |
|
Huweliksvoorbereiding
Die besluit om te trou is waarskynlik een van die grootste besluite wat ‘n mens neem, aangesien dit twee mense lewenslank aan mekaar verbind. Dit kan een van die wonderlikste ervarings wees of dit kan ’n nagmerrie wees.
Geen huwelik is gewaarborg nie! Ons almal leef met vrae en benoudhede. Daarom is dit belangrik om voor die tyd te gesels oor die belangrike dinge. Deesdae lees ons dat ongeveer 58% van huwelike eindig met egskeiding. Ten minste 15% van die ander is ongelukkig. Iemand het eendag gesê dat as dit so moeilik is om gelukkig getroud te wees dan kry sy die jammer wat ongelukkig getroud is! Dit is genoeg om enige persoon twee keer te laat dink. Goeie kommunikasie en verstaan van mekaar se verwagtings saam met 'n intieme verhouding met God gee egter hoop. Die Huwelik is God se droom en maak die lewe net soveel meer besonder.
Tydens die Huweliksvoorbereidings kamp wil ons saam werk om kwesbaarhede (rooi ligte) te identifiseer en bevredigend deur werk tot albei partye vrede daaroor het.
Daar is ‘n maksimum van 5 paartjies per naweek en die gesprekke vind plaas op ‘n gemaklike manier. Dit is nie net geleenthede waar julle toegespreek word nie, maar waar julle aktief deelneem aan die gesprek.
Ons gaan stilstaan by die volgende
Die belangrikheid daarvan om tyd saam te spandeer en om julle vriendskap te versorg.
Myers-Briggs Persoonlikheids toets. Voor die naweek gaan jy geleentheid he om die gratis Myers-Briggs persoonlikheid stoets te doen wat ons dan gedurende die naweek gaan hanteer. Waar: Avondrood
Wanneer: 10-12 September, 1-3 Oktober en 22-24 Oktober
Kostes: R400 pp vir die naweek, ingesluit verblyf, kos en materiaal. Bespreek gou BEPERKTE aantal plekke beskikbaar Die Huweliksvoorbereidings kursus is ontwikkel deur Dr’s Paul en Danette Barnard. Hulle het die kursus die afgelope paar jaar in die Kaap aangebied waar dit van krag tot krag gaan. Paul is voltydse Familiepredikant by Helderberg gemeente en het ook sy Doktorale studies in pastoraat voltooi by Princeton. Danette is ’n Mediese dokter en boonop nog ma van drie woelige seuns. Vir meer inligting skakel Paul Barnard by 0823749520 of stuur e-pos aan Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
|
| Laas Opdateer op Donderdag, 01 Julie 2010 15:08 |
Voeg HGF by jou RSS
Paul en Helderberg Gemeente Blog
- God please help me with relationships.
- My whacked out ideas about Church?
- My whacked out ideas about Church? As first published on http://paul-barnard.blogspot.com/2010/09/my-whacked-out-ideas-about-church.html
- Romeine Reeks
- Romeine Reeks
- The morning I met Jesus at the Petrol station. As first published at http://paul-barnard.blogspot.com/2010/08/morning-i-met-jesus-at-petrol-station.html
- The morning I met Jesus at the Petrol station.
- What do you worship? God or your personality? – as published on http://paul-barnard.blogspot.com/2010/08/what-do-you-worship-god-or-your.html
- What do you worship? God or your personality?
- My Prison Miracle as published on http://paul-barnard.blogspot.com/2010/08/my-prison-miracle.html
- My Prison Miracle
- Huweliksvoorbereidings kampe
- Huweliksvoorbereidings kampe
- Bikers Egpare Kerk Naweek 24-26 September
- Bikers Egpare Kerk Naweek 24-26 September
- We all dream of becomming heroes
- I’d rather be hated than loved with conditions – by Donald Miller
- Kerke met tralies en besige Dominisse! – aanbeveel deur Solly
- What is happening in your story?



