Peuters PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Dinsdag, 13 Januarie 2009 09:57


Peuters: 3-4 Jariges

Helderberg is baie bevoorreg om reeds 'n Peuterbediening te hê wat parallel met ons Informele diens (09:30) plaasvind. Ons wil ouers verseker dat hierdie nie net 'n besighou van die jongelinge is nie, maar dat ons die volle potensiaal van u kind hier wil bedien. Die groepie gebruik Paidion kinderbediening se materiaal. Ouers is welkom om hulle kinders hier te los of om saam met hulle deel te neem.

  Kleuters is soos babas, steeds nabootsers en al verstaan hulle nie altyd alles nie, word positiewe of negatiewe konsepte en houdings van diegene naaste aan hulle (ouers / kerk) nageboots.
  Daarom dat ons by ons Peuterbediening fokus op aspekte soos - God sorg vir jou, God is lief vir jou, ens.
  Die kerk is die plek waar hulle meer van Jesus leer en waar hulle saam met maatjies van 'n liefdevolle samesyn leer.
  Hulle begin leer dat die Bybel God se spesiale boek is wat Hy vir ons gegee het en omdat Peuters sommer baie lief vir Bybelverhale is, word dit met groot sorg aan hulle vertel.
  Ook gebed, alhoewel moeliker verstaan word aan hulle geleer sodat hulle weet dat dit die manier is om met God te praat.


Indien bogenoemde u belanstelling prikkel om meer te weet oor ons Peuters kan u vir Santie Nel kontak.

 

Laas Opdateer op Donderdag, 15 Oktober 2009 13:28
 

Voeg HGF by jou RSS

Skakel in

Log hier in as deel van ons aanlyn familie. Jy kan 'n nuwe rekening skep of met jou Gmail rekening inskakel. Dis alles gratis!