Pienkvoete PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Paul Barnard   
Dinsdag, 13 Januarie 2009 09:56

baby.jpg
Pienkvoete: Baba Oppasdiens
Dit is vir ons belangrik dat almal in die gemeente 'n tuiste sal hê waar hulle gemaklik is en waar hulle behoefte aangespreek word. Ons weet ook dat ouers met babatjies baie min tyd kry om te ontspan of enige iets anders te doen. Ek kan onthou hoe ek vir drie jaar nooit 'n diens in sy volledigheid kon bywoon by die kerk nie. Gewoonlik iewers in die diens het ek 'n huillende baba gehad.
Ons skep dus hierdie geleentheid dat ouers met 'n geruste hart ook vir 'n verandering 'n diens kan bywoon. Ons moederskamer sit in die kerkruim self en jy is welkom om daar met jou kind te gaan sit. In die kelder is daar egter die Pienkvoete. Hierdie oppasdiens word behartig deur Mammas asook tieners wat verantwoordelikheid vir die babas neem gedurende die diens. Jy is dan welkom om die diens in die kerk by te woon of om die diens te volg op die TV in die Kelder.
Een van ons grootste drome is om juis hierdie fasiliteite te verbeter. Dit is in ons beplanning om 'n groot baba/pienkvoetkamer agter in die kerk in te bou wat ruim is met speelplek vir die kinders waar die ouers hulle kan dophou deur 'n glas afskorting. Dit sal vir ouers ook die geleentheid gee om deel te wees van die diens.
Indien jy graag met hierdie bediening wil help en een keer 'n kwartaal diens wil doen of enige verdere navrae het kan jy die koördineerder skakel.
Die koördineerder van hierdie diens is Santie Nel. Al haar besonderhede is beskikbaar onder Tuis Spyskaart/Kontak ons.

Laas Opdateer op Woensdag, 14 Oktober 2009 13:35
 

Voeg HGF by jou RSS

Skakel in

Log hier in as deel van ons aanlyn familie. Jy kan 'n nuwe rekening skep of met jou Gmail rekening inskakel. Dis alles gratis!